Wat gebeur as jy nie na jou dokter se waarskuwings oor tipe 2 diabetes luister nie? Ons kyk na sommige van die ernstige gevolge indien hierdie lewenstylsiekte nie behandel word nie.
1. Jy kan ʼn hartaanval kry
Daar is ʼn duidelike skakel tussen tipe 2 diabetes en hartsiekte. Hoër bloedglukosevlakke laat jou bloeddruk styg, wat lei tot hipertensie wat geweldige druk op jou liggaam se are plaas. Dit beteken jy sal al die simptome ervaar wat met kardiovaskulêre siekte geassosieer word. Indien nie behandel word nie, kan dit ʼn hartaanval tot gevolg hê.
Nie alleen impakteer hoë bloedglukosevlakke jou hart en are se gesondheid nie, hulle kan ook ernstige skade aanrig op jou liggaam se kleinste bloedvate (genoem haarvate), wat suurstofryke bloed na senuwees regdeur jou liggaam vervoer. In gevorderde stadiums van tipe 2 diabetes is dit nie raar om prikkelende, brandende sensasies of selfs gevoelloosheid of pyn te ervaar in ʼn area van die liggaam wat geen sigbare skade toon nie.
3. Jy kan selfs jou voete verloor ween gangreen
Senuweeskade neig om in die voete pos te vat. Dit is dikwels omdat bloedvloei te min word om die gesondheid van hierdie spier en vleis te handhaaf, wat lei tot infeksies wat nie maklik genees nie. Soms kan hierdie skade lei tot gangreen en uiteindelik tot amputasie.
4. Jy kan erektiele disfunksie ervaar
Senuweeskade wat die gevolg is van diabetes is nie net beperk tot voete of klein gedeeltes van jou ledemate nie; dit kan ook ʼn impak maak op jou belangrikste organe. Neuropatie kan lei tot verlies van blaasbeheer, maagpyn, en selfs erektiele disfunksie.
5. Jou niere kan oppak
Diabetiese nefropatie – dit is nierskade – is nog ʼn groot risiko van tipe 2 diabetes. Hierdie kondisie is ʼn gevolg van voortdurende skade aan haarvate en are rondom die nier, wat jou nier se vermoë beskadig om afval effektief te filtreer. Dit word dikwels nie gediagnoseer voordat die skade ver gevorder het nie, maar sommige waarskuwingstekens sluit in geswelde enkels en bene, beenkrampe, ʼn verhoogde behoefte om snags te urineer, voel gereeld swak, naar en braak, en voel jeukerig vir geen rede.
6. Jy kan blind word
Skade aan die bloedvate (en gevolglike senuweeskade) om die oog staan bekend as retinopatie en kan lei tot dowwe sig of totale verlies van sig. Daarbenewens plaas tipe 2 diabetes jou op hoër risiko van gloukoom en katarakte, en beide kan gedeeltelike of algehele verlies van sig veroorsaak.
7. Asook gehoorverlies
Vaskulêre skade om die oor kan lei tot gedeeltelike of algehele gehoorverlies. Daarbenewens is diabetes 2-lyers ontvanklik vir hardnekkige oor-infeksies wat gehoorverlies kan veroorsaak ten spyte van behandeling.
8. Jy kan aan dementia ly
Ten laaste sal langdurige verhoogde vlakke van bloedglukose ʼn impak hê op die sensitiewe bloedvate van die brein, wat lei tot geheueverlies en ander dementia, soos Alzheimer se siekte.
Bron: Clicks
Oops! We could not locate your form.