Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS)

Dinsdag, April 7th, 2015

Steungroepe: Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS)

 

Een van die belangrikste steungroepe is die AGHS-steungroep van Suidelike Afrika (Attention Deficit and Hyperactivity Support Group of Southern Africa), oftewel ADHASA. Hulle kan soos volg gekontak word:

 

  • Op hulle webwerf by http://www.adhasa.co.za;
  • per e-pos by adhasa@telkomsa.net;
  • by ADHASA se Nasionale Kantoor, Delta Park Skool, Standardrylaan, Blairgowrie, Randburg op weeksdagoggende; of
  • per telefoon by 011 888-7655 of faks by 086 604 7124.

 

Nog ʼn belangrike steungroep as jy ʼn volwassene met AGHS is, is die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsstoornisgroep (Sadag), wat belangrike inligting oor die verband tussen AGHS en angs verskaf. Besoek Sadag se webwerf by http://www.sadag.org/ of stuur ʼn SMS na 31393 vir die inligting.

 

ʼn Handleiding oor AGHS vir skole is beskikbaar by .

 

Enige soektog wat met sleutelwoorde soos “aandaggebrek” (“attention deficit”), “hiperaktiwiteit” (“hyperactivity”), “AGHS” (“ADHD”), en so meer op die internet gedoen word, sal nuttige inligting oplewer. Daar is baie hulp beskikbaar!

 

  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Jou kind kan aan ‘n voorkombare siekte sterf
Anja van den Berg Voorkomende maatreëls is die hoeksteen van pediatrie, en inenting verteenwoordig een van die belangrikste strategieë om siektes by kinders te voorkom, sê navorsingspesialis, Daniel R. Bronfin. “Die afname in siektes en sterftes gedurende die afgelope eeu as gevolg van gereelde inentings vir kinders is nogal dramaties. Pokke is wêreldwyd uitgeroei, terwyl […]
Hoekom suiwelprodukte eintlik sleg is vir jou
Lize-Mari Labuschagne   Daar word in die meeste huise elke dag ʼn suiwelproduk gebruik, maar melk, jogurt en kaas kan dalk nie so noodsaaklik wees as wat jy dink nie. Dr. Mark Hyman,’n outeur wat al tien keer as die topverkoper in New York aangewys is, adviseer pasiënte na aanleiding van navorsing en sy eie […]
Slimfone is nie altyd so wonderlik nie!
Karen van der Berg   Jy kan jou nie jou lewe sonder jou slimfoon indink nie. Op jou slimfoon werk jy, speel jy en reël jy sosiale afsprake. Wanneer jy in die verkeer vassit of in die bank in ʼn tou wag, is dit jou kameraad. Wanneer daar ’n krisis opduik, kan jy hom uithaal […]
1 2 3 215