Aanvullende Mediesefondsprodukte

Maandag, Februarie 16th, 2015

Aan jou gebring deur Medihelp. Kyk gerus na ons sakpas voordele-opsies by www.medihelp.co.za of SMS “solidariteit” na 32291.

Alhoewel ’n mediesefonds noodsaaklik is sodat jy die beste mediese behandeling kan ontvang, moet jy nooit aanvaar dat jou mediese skema die volle koste van operasies en prosedures in die hospitaal sal dek nie.
Mediese skemas betaal dokters en spesialiste teen ’n vasgestelde tarief, maar baie mediese praktisyns hef tot 300% meer as wat skemas betaal. Dit veroorsaak ’n gaping tussen die koste van die diens en die bedrag wat die mediese skema betaal. Jy is aanspreeklik vir hierdie verskil.
Daarom is gapingsdekking noodsaaklik, want dit bied jou die gemoedsrus dat jou rekenings betaal sal word as jou dokters se tariewe die skema se voordele oorskry.
Mediese skemas kan ook verpligte bybetalings vereis op sekere dienste wat binne en buite die hospitaal uitgevoer word. Hierdie bybetalings is betaalbaar uit jou mediese spaarrekening, indien jy een het, of deur jouself en word ten volle deur gapingsdekking gedek.

Verskeie gapingsdekkingsprodukte is beskikbaar wat die volgende voordele bied:
–    Gapingsdekkingsprodukte versterk mediese skemas se voordele.
–    Bykomende gapingsdekking van tot 500% meer as die mediese skema se tarief kan voorsien word.
–    Sekere gapingsdekkingsopsies bied bykomende dekking vir bybetalings en buitepasiëntdienste soos MR- en RT-skanderings, asook aanvullende dekking vir onkologie en sekere dienste wat in die hospitaal uitgevoer word en aan sublimiete onderhewig is.
–    Gapingsdekking is nie ontwerp om bykomende voordele vir dag-tot-dag-uitgawes te bied nie, maar wel vir mediese uitgawes wat in die hospitaal aangegaan word.

  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Filmterapie: Die gebruik van rolprente vir geestesgesondheid
Anja van den Berg   Het jy al ooit ʼn rolprentteater verlaat gevul met emosies, insigte en inspirasie? Wou jy jou indrukke en gevoelens dadelik met iemand deel? Het die rolprent jou laat besin oor jou eie lewenservarings – die soet en die suur? Dan sal jou moontlik geïnteresseerd wees om dit ʼn stap verder […]
Kom buite en raak gesond!
Marli Naidoo   Somer is hier en die natuur roep. Daar is ʼn lang lys van redes waarom ʼn bietjie (of sommer baie) tyd buite die huis of kantoor fisies en geestelik voordelig is. Sonlig op jou vel bring prosesse in jou liggaam in werking wat tot die produksie en aktivering van vitamine D lei. […]
Watter nut het kaneel vir jou gesondheid?
Karen Smith   Wanneer mens aan kaneel dink, is dit amper asof jy ʼn terugflits kry na ’n koue Sondagmiddag met pannekoek en kaneelsuiker. Min het ons geweet dat die gebruik van kaneel in ons alledaagse roetine baie voordele inhou. Volgens ’n dieetkundige wat vir die health.com-webtuiste skryf, is daar aangetoon dat speserye soos kaneel […]
1 2 3 192