Deur Emsie Martin
Verbeel jou jy loop in die straat en skielik kom daar ʼn trok van nêrens reguit op jou afgepeil. Jy ervaar ʼn intense gevoel van vrees, jou hart klop onbedaarlik, jy slaan in sweet uit en jy raak stom van vrees. Of verbeel jou jy is besig om inkopies te doen of klaar te maak vir werk en jy ervaar hierdie gevoel. Is dit ʼn angsversteuring of paniekaanval? Die twee is so na aan mekaar dat dit moeilik is om te onderskei.
Wat is ʼn angsaanval?
ʼn Angsaanval is ʼn skielike oorweldigende gevoel van vrees wat tot fisiese en emosionele reaksies kan lei. ʼn Angsaanval duur gewoonlik 20-30 minute en dan bedaar dit weer.
Wanneer gevaar waargeneem word, reageer die liggaam deur gereed te maak om te veg of te vlug. Angs veroorsaak dus ʼn hele reeks fisiese simptome of reaksies. Dikwels word angs gesien as ʼn fisiese siekte en mense wat aan angs ly, sal vir baie doktersafsprake gaan voordat angs gediagnoseer word.
Sommige mense glo paniek- of angsaanvalle gebeur net met mense wat hiperopgewonde raak en hulle te veel oor dinge bekommer.
Wat is die oorsaak?
Paniekaanval of angsaanval
Hoewel die twee dieselfde simptome deel, is ʼn paniekaanval gewoonlik meer ekstreem en onverwags, sonder ʼn duidelike oorsaak. Dit gebeur skielik en verdwyn weer vinnig.
ʼn Angsaanval word veroorsaak deur oormatige of uitgerekte bekommernis oor verskeie daaglikse gebeure en vind gewoonlik plaas in afwagting van ʼn stresvolle gebeurtenis en kan oor ’n tydperk van dae of weke gebeur.
Partye mense het slegs een of twee paniekaanvalle in ’n leeftyd. As jy egter herhaaldelike paniekaanvalle kry of bekommerd is oor wanneer die volgende een gaan gebeur, het jy dalk ’n paniek- of angsversteuring.
Fisiese simptome mag die volgende insluit:
Daar is geen waarskuwingstekens nie, maar daar is gewoonlik die volgende simptome:
Diagnose en behandeling
Paniekversteuring is ʼn mediese toestand en is behandelbaar. Almal ervaar dit verskillend en dit is belangrik om mediese hulp te kry.
As jy meer wil lees oor verskillende angsversteurings, kan jy die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) se webwerf http://www.sadag.org/ besoek.
Bronne
https://lig.christians.co.za/as-n-angsaanval-jou-lamle/
http://www.sadag.org/index.php?option=com_content&view=article&id=1878&Itemid=157
https://www.vrouekeur.co.za/nuus-vermaak/behandel-angsaanvalle-13-wenke
Oops! We could not locate your form.