Steungroepe: Bipolêre gemoedstoornis
Om met bipolêre gemoedstoornis (BGS) saam te leef, is nie maklik vir die persoon wat daaraan ly en sy of haar naasbestaandes nie. Steungroepe speel ʼn belangrike rol om mense wat deur BGS geraak word met kennis oor die siekte toe te rus en sodoende onnodige pyn en lyding te voorkom.
By steungroepe deel mense hul ervarings met ander mense in soortgelyke of erger omstandighede, ervaar hulle aanvaarding, is daar ander mense wat verstaan waardeur hulle gaan en kan hulle aan ander mense raad gee oor hoe om die vele uitdagings wat met BGS gepaardgaan, te bowe te kom.
Suid-Afrikaanse Vereniging vir Bipolêre Gemoedstoornis (Bipolar Association of South Africa)
Een van die belangrikste steungroepe is die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Bipolêre Gemoedstoornis wat takke in sentrums soos Kaapstad, Durban, Tshwane (Pretoria), Johannesburg en Randburg het.
Die vereniging se webwerf bevat skakels na vele webwerwe oor BGS en ander webwerwe oor geestesgesondheid.
Suid-Afrikaanse Vereniging vir Bipolêre Gemoedstoornis
Webwerf: http://www.bipolar.co.za/supportsa.htm
E-pos: info@bipolar.co.za
Kontaknommers: Kaapstad – 072 424 1812 (Jay) of 082 412 4448 (Michelle)
Vereniging vir Bipolêre Gemoedstoornis van Tshwane
E-pos: Moodswing@absamail.co.za
Kontaknommers: 012 803 3392 of 012 348 6057 (Colleen)
Johannesburgse Vereniging vir Bipolêre Gemoedstoornis
E-pos: bipolar@urbanblue.net
Kontaknommers: 082 551 4592, 082 376 7404 of 082 263 9055 (Lee)
Familiesteungroep vir Bipolêre Gemoedstoornis van Randburg (Randburg Bipolar Family Support Group)
E-pos: skennedy@multichoice.co.za
Kontaknommer: 082 775 6544 (Suzi)
Steungroep vir Bipolêre Gemoedstoornis van Durban
Kontaknommer: 031 205 8915
Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsstoornisgroep (Sadag)
Nog ʼn belangrike steungroep is Sadag. Meeste van die steungroepe is onder privaat individue se leiding en daarom kan Sadag eers gekontak word om groepe se kontakbesonderhede te bevestig.
Skakel Sadag by 011 262 6396 of 0860 103 645 of besoek die webtuiste by http://www.sadag.org/.
Kontaknommers:
011 783 1474
014 718 1009
021 913 4046
041 364 2746
031 701 1378
LifeLine
LifeLine is ʼn belangrike telefoniese hulpmiddel, veral as selfmoord ter sprake is.
Kontaknommers:
011 728 1331/1347
031 312 2323
057 357 2746
021 461 1111
Oops! We could not locate your form.