• Teken in
  • Kategorie: A, A - Z van Welstand


    Aangewese diensverskaffer

    Augustus 6th, 2015

    ʼn Lys dokters en ander gesondheidsorgpraktisyns waaruit jy moet kies as jy mediese sorg nodig het.  Dit verminder die koste en maak basiese dag-tot-dag mediese sorg beskikbaar teen bekostigbare tariewe.


    Afhanklike van ʼn lid

    Augustus 5th, 2015

    Dit is die lid se gade of gesel (‟partner”) sowel as afhanklike kinders, vader, moeder, broers, susters en kleinkinders vir wie se versorging en onderhoud die lid verantwoordelik is en wat nie ʼn lid of ʼn afhanklike van ʼn lid van ʼn ander mediese skema is nie. Vir die toepassing hiervan sal die volgende definisies […]


    Asma

    Augustus 5th, 2015

    Asma is ‘n longsteuring wat gekenmerk word deur vernouing van die brongiale lugweë as gevolg van inflammasie van die lugweg se voering. Hierdie swelsel en ophoping van slym en spierspasma (brongospasma) lei tot kortasemigheid/asemhalingsprobleme, ʼn gehyg, gehoes en kongestie. Brongiale asma kan deur ‘n wye verskeidenheid irriterende prikkels soos allergene, emosie, oefening, medisyne, klimaatsveranderinge, lugbesoedeling […]


    Aanleg

    Augustus 5th, 2015

    Vermoë om ʼn vaardigheid aan te leer.


    Aansoekdatum

    Augustus 5th, 2015

    Die werklike datum waarop die skema ʼn aansoek om lidmaatskap of registrasie van ʼn afhanklike ontvang.


    Apisektomie

    Augustus 5th, 2015

    Die chirurgiese verwydering van ʼn tandwortel se punt.


    Anafilaksie

    Augustus 5th, 2015

    ‘n Lewensgevaarlike soort allergiese reaksie wat vinnig ontwikkel, dikwels in reaksie op dwelmmiddels, kos of insekbyte. Simptome sluit in ʼn jeukende uitslag; asemhalingsprobleme; swelling van die gesig, oë of tong; en naarheid of braking.


    Adenoïdektomie

    Augustus 5th, 2015

    Sjirurgiese verwydering van adenoïede. Adenoïede staan ook bekend as faringeale mangels en is klein weefselknoppe agter in die keel bokant die mangels. Hulle beskerm die liggaam teen skadelike bakterieë en virusse, veral in babas en jong kinders


    Asellulêre pertussis

    Augustus 5th, 2015

    Pertussis is meer algemeen bekend as kinkhoes. Die asellulêre kinkhoes-entstof is ‘n gekombineerde entstof vir witseerkeel, tetanus en kinkhoes wat een of meer antigene (‘n stof wat ‘n spesifieke immuunrespons veroorsaak) bevat, maar geen heel selle nie. Dit veroorsaak minder newe-effekte as entstowwe wat heel selle bevat.


    Akute medisyne

    Augustus 5th, 2015

    Akute medikasie word gebruik om akute siektes te behandel; dit is siektes wat gekenmerk word deur ‘n vinnige aanvang en kort duur. Voorbeelde van akute siektes sluit in longontsteking, meningitis, pokke en masels.


    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close