Disritmie

Kardiale disritmie (ook bekend as aritmie) verwys na ‘n verskeidenheid toestande waarin daar abnormale elektriese aktiwiteit van die hart voorkom. Die hartklop kan te vinnig of te stadig wees en dit kan reëlmatig of onreëlmatig wees. Sommige disritmieë is lewensgevaarlike mediese noodgevalle en kan tot hartstilstand lei. Ander veroorsaak simptome soos ‘n abnormale bewustheid van […]

Lees meer.

Dysrhythmia

Defektiewe ritme

Lees meer.

Difterie/Witseerkeel

Siekte van die boonste lugweë wat veroorsaak word deur corynebacterium diphtheriae (‘n bakterie); dit laat die nek swel en bemoeilik asemhaling.  Ander simptome sluit in koors en ‘n seer keel.  

Lees meer.

Diabetes mellitus

Diabetes mellitus is ‘n metaboliese siekte wat die benutting van koolhidrate verlaag en dié van lipide en proteïene verhoog; dit word veroorsaak deur ‘n absolute of relatiewe tekort aan insulien. Diabetes mellitus is ‘n versteuring van koolhidraatmetabolisme wat meebring dat die liggaam suiker nie in energie omsit nie as gevolg van ‘n tekort aan insulien, […]

Lees meer.

Diabetes insipidus

Diabetes insipidus is die chroniese uitskeiding van baie groot hoeveelhede ongekonsentreerde urine met ‘n lae relatiewe digtheid; dit veroorsaak dehidrasie en erge dors. Dit is gewoonlik die gevolg van onvoldoende produksie van die pituïtêre antidiuretiese hormoon.

Lees meer.

Dentektomie

Die chirurgiese verwydering van al die oorblywende tande

Lees meer.

Dentale Inligtingstelsels (Denis)

Suid-Afrika se toonaangewendste maatskappy wat voordele vir tandheelkundige sorg bestuur.

Lees meer.

Debietorder versoek vir die verhaling van agterstallige ledegeld

ʼn Eenmalige debietorder versoek wat jou die moeite spaar om aanlyn te betaal of jou bank te besoek.

Lees meer.

DBC

ʼn Niechirurgiese intervensie in plaas van chirurgie vir die behandeling van siektes/toestande/abnormaliteite van die werwelkolom.  Hierdie nuwe benadering tot die behandeling van rug- en nekpyn word as ʼn alternatief vir rugchirurgie gebruik en behels dat ʼn interdissiplinêre span die rehabilitasieprogram hanteer.  Die rehabilitasieprogram word individueel vir elke pasiënt aangepas en is gebaseer op die pasiënt […]

Lees meer.

Dag-tot-dag-voordele

Voordele wat die alledaagse dienste dek wat deur jou algemene praktisyn gelewer word

Lees meer.