BEL ONS: 012 644 4300
Donderdag | 06 Augustus | 2015 Gepoel per gesin

Voordele wat per begunstigde beskikbaar is, word gekombineer en die saamgepoelde voordeel is dan vir enige lid van die gesin beskikbaar.


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Goedaardige prostaathiperplasie

‘n Vergroting van die prostaat as gevolg van hiperplasie (‘n toename in die aantal selle). Nodules (knoppies) vorm en druk op die urienkanaal en kan ʼn obstruksie in die uretra vorm wat tot moeilike en pynlike urinering lei.


Woensdag | 05 Augustus | 2015 Gesondheidstoetse

Gesondheidstoetse is risiko-assesseringstoetse om te bepaal of iemand ʼn siekte het of die risiko loop om ʼn siekte te kry. Sien onderstaande voorbeelde wat meeste mediesefondse toets: Papsmeer – patologie   Bloedsuikertoets – patologie   Cholesteroltoets – patologie   Standaard mammogram – radiologie   Prostaattoets – patologie   Vinnige MIV-toets


Woensdag | 05 Augustus | 2015 Gesondheids- en voordeleaanvuller

Die gesondheids- en voordeleaanvuller bied voordele vir voorkomende sorg deur middel van risiko-assesseringstoetse wat verseker dat duur mediese toestande vroeg opgespoor word sodat dit doeltreffend bestuur kan word.  Dimension Prime bied ook voordele vir sekere dag-tot-dag-dienste om lede se versekerde voordele aan te vul.


Woensdag | 05 Augustus | 2015 Gekontrakteerde tarief

Gekontrakteerde tarief is die tarief wat goedgekeur is deur die Raad van Trustees en waaroor kontraktueel met diensverskaffers ooreengekom is;  dit sluit daaglikse koste sowel as vaste en globale koste in.


Woensdag | 05 Augustus | 2015 Gloukoom

Gloukoom is ’n oogsiekte wat gekenmerk word deur toenemende drukking binne-in die oogbal en atrofie/wegkwyning van die optiese senuwee. Gloukoom is ’n oogsiekte wat sigverlies veroorsaak as gevolg van abnormale hoë druk binne-in die oog weens ’n ophoping van vog (ook waterige oogvog/glasagtige water genoem) in die oogbal wat die optiese senuwee aan die agterkant  … Lees meer


Woensdag | 05 Augustus | 2015 Gingivektomie

Gingivektomie is die chirurgiese verwydering van los vesels aan die tandvleis.


Woensdag | 05 Augustus | 2015 Gastroplastiek

Gastroplastiek is die chirurgiese behandeling van ’n defek in die maag of laer esofagus/slukderm deur die maagwand vir rekonstruksie te gebruik.


Woensdag | 05 Augustus | 2015 Gapingsdekking

As gesondheidsorgpraktisyns tariewe hef wat hoër is as wat die mediese skema se tariewe is, veral tydens hospitalisasie, is daar ’n gaping tussen hulle fooie en wat jou mediese skema dek. Jy kan gapingsdekking (versekering) uitneem om hierdie verskil te dek.




Registreer / Register

Maak toe / Close