BEL ONS: 012 644 4300
Donderdag | 06 Augustus | 2015 Hersien my kontakbesonderhede

Dit is ‘n maklike manier om jou kontakbesonderhede en ander detail te verander.


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Hartversaking

Hartversaking (ook bekend as kongestiewe hartversaking) is die hart se onvermoë om genoeg bloed vir die liggaam se behoeftes te verskaf.  Dit kan tot ʼn aantal simptome lei, insluitend kortasemigheid, swelling van die bene en intoleransie vir oefening.  Die toestand word met eggokardiografie (EKG) en bloedtoetse gediagnoseer.  Behandeling bestaan gewoonlik daaruit om aanpassings in die  … Lees meer


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Histerosalpinogram

Radiografie van die uterus/baarmoeder en baarmoederbuise nadat ’n ondeurskynende vloeistof ingespuit is.


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Hipotiroïdisme

Verminderde produksie van die skildklier se hormone


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Hiperlipidemie (hoë cholesterol)

Hiperlipidemie of ‟verhoogde cholesterol” is ’n toestand wat voorkom as daar ’n oormaat cholesterol (hipercholesterolemie) en/of trigliseriede (hipertrigliseridemie) in die bloed is.  As hierdie toestand nie behandel word nie, kan dit ʼn mens blootstel aan koronêre hartvatsiekte en die ontwikkeling van vetlae aan die binnewande van are (arterosklerose) wat uiteindelik tot beperkte bloedvloei kan lei.   … Lees meer


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Hipotiroïdisme

Hipotiroïdisme is die subnormale werking of funksionering van die skildklier.  As dit by geboorte reeds voorkom en nie behandel word nie, kan dit kretinisme tot gevolg hê.  Kretinisme kan verstandelike en fisiese verlangsaming in volwassenes veroorsaak asook oormatige sensitiwiteit vir koue, ʼn stadige polsslag, toename in gewig en ʼn droë vel (miksedeem).  Dit het ʼn  … Lees meer


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Hipertensie

Hipertensie of hoë bloeddruk is die verhoging van die arteriële bloeddruk bo die normale vlak wat vir ’n bepaalde ouderdomsgroep wenslik is.  Die oorsaak van hipertensie is onbekend, maar dit kan toegeskryf word aan genetiese faktore; onderliggende siektes soos nierkwale, endokriene siektes of slagaarsiektes; of ʼn lewenstyl wat obesiteit/vetsug en ʼn gebrek aan oefening insluit.   … Lees meer


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Hiperlipidemie

Hiperlipidemie is die teenwoordigheid van abnormaal hoë konsentrasies vette wat in die bloed sirkuleer.


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Himenektomie

Himenektomie (himenotomie) is ʼn geringe mediese prosedure om die himen/maagdevlies (die lagie oor die vagina) te verwyder of oop te maak.


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Hospitaalplan

ʼn Plan wat rekeninge dek wat ingedien word deur diensverskaffers slegs terwyl jy gehospitaliseer is.  Jy is verantwoordelik vir jou eie dat-tot-dag-uitgawes aan dokters.  Dit kos minder as omvattende mediese planne.




Registreer / Register

Maak toe / Close