Miringotomie

’n Chirurgiese prosedure waar ’n klein insnyding in die oordrom gemaak word om druk te verlig en vog of etter uit die middeloor te dreineer.  ’n Timpanostiese buis (‟grommet”) word in die middeloor geplaas om te keer dat die insnyding sluit en om die dreinering van vog moontlik te maak.

Lees meer.

MSA (Mediese spaarplan)

Die mediese spaarplan is ontwerp om dag-tot-dag-voordele te dek.  Die verbruiker dra ʼn vaste maandelikse bedrag by tot ʼn spaarrekening.  Die totale jaarlikse bedrag is dan vooruit beskikbaar vir mediese uitgawes.  Volgens die mediese skema se regulasies mag dié bedrag nie meer as 25% van die jaarlikse premie wees nie.  As die voordeel opgebruik is, […]

Lees meer.

Menopousale simptome

Vroue kan menopousale simptome ontwikkel as die eierstokke ophou om elke vier weke ’n eiersel te produseer en menstruasie dus staak.  Menopouse kan op enige ouderdom voorkom, maar begin normaalweg tussen die middel dertiger- en vyftigerjare, gewoonlik tussen 45 en 55 jaar.  Tydens menopouse kom daar kenmerkende veranderinge in die menstruele siklus voor – menstruasie […]

Lees meer.

Medisyne

’n Stof of mengsel van stowwe wat deur die mediese wetenskap as eties aanvaar is en wat by die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad geregistreer is om gebruik te word vir die voorkoming, behandeling of genesing van ’n siekte (kyk ook ‟chroniese medisyne”).

Lees meer.

Mediese plan

’n Mediese skema bied mediese planne of voordele-opsies aan lede wat hulle in staat stel om gesondheidsdienste te bekom terwyl die skema hulle met die bestryding van die uitgawes verbonde aan hierdie gesondheidsdienste bystaan.  Verskillende planne is beskikbaar om by verskillende inkomstevlakke en behoeftes te pas.

Lees meer.

Mammoplastiek

Chirurgie aan die borste

Lees meer.

Mammogram

’n Diagnostiese en siftingshulpmiddel wat laedosis-X-strale gebruik om borsweefsel te ondersoek in ’n poging om borskanker vroegtydig op te spoor.

Lees meer.

Mediese noodtoestand

ʼn Mediese noodtoestand is enige skielike en onverwagse voorkoms van ’n gesondheidstoestand wat onmiddellike mediese of chirurgiese behandeling vereis; versuim om sodanige behandeling te verskaf, sal tot ernstige aantasting van liggaamsfunksies of ernstige wanfunksionering van ’n orgaan of liggaamsdeel lei, of dit kan die persoon se lewe in ernstige gevaar stel.  ’n Mediese noodtoestand moet […]

Lees meer.

MIV/VIGS

MIV staan vir menslike immuungebreksvirus.  MIV veroorsaak die geleidelike verswakking van die immuunstelsel en dus die vermoë om ander siektes te beveg deur die CD4+T-selle te vernietig. MIV kan lei tot verworwe immuniteitsgebreksindroom (VIGS), ’n groep ernstige siektes wat slegs kan voorkom as die immuunstelsel baie swak is.

Lees meer.