BEL ONS: 012 644 4300
Donderdag | 06 Augustus | 2015 Protokol

Kliniese riglyne vir die behandeling van spesifieke mediese toestande wat deur kenners van elke toestand saamgestel is en op beste praktyke gebaseer is.


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Prolaktien

’n Proteïenhormoon wat melksekresie stimuleer.


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Privaat verpleging

’n Diens wat tuis aan pasiënte gelewer word in plaas van in die hospitaal.  Hierdie dienste sluit gewoonlik dag-tot-dag-dienste soos bad en algemene versorging uit.


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Polio

Poliomiëlitis is ’n siekte wat deur infeksie met die poliovirus veroorsaak word. Dit affekteer die sentrale senuweestelsel en kan tot gedeeltelike of algehele verlamming lei. Spinale polio is die algemeenste vorm van die siekte; dit word gekenmerk deur gedeeltelike of algehele verlamming van die bene.


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Pneumokokkuskonjugaat

Pneumokokkuskonjugaatentstof is ’n vaksien wat gebruik word om babas en jong kinders te beskerm teen siektes soos longontsteking wat veroorsaak word deur die pneumokokkusbakterie streptococcus pneumonia.


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Per jaar

Beteken van 1 Januarie tot 31 Desember in ʼn jaar.  As ʼn lid in die middel van die jaar aansluit, sal voordele pro rata/proporsioneel vir die res van die jaar bereken word.  Alle limiete is geldig vir ʼn jaar tensy dit anders aangedui is, bv. die aantal brille wat beskikbaar is per siklus van 24  … Lees meer


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Parkinson se siekte

’n Neurologiese sindroom wat gewoonlik ’n tekort aan die neurotransmitter dopamien veroorsaak weens degeneratiewe, vaskulêre of inflammatoriese veranderings in die basaalganglia.


Donderdag | 06 Augustus | 2015 Prikkelbaredermsindroom

Hierdie siekte staan ook bekend as PDS of spastiese kolon.  Dit word gekenmerk deur abdominale pyn, krampe en veranderinge in die stoelgang (diarree of hardlywigheid).  Die simptome kan wissel van gering tot ernstig.




Registreer / Register

Maak toe / Close