• Teken in
  • Kategorie: Vrae en Antwoorde


    Kan gereelde oefening help ombloedsuikervlakke te beheer in mense met tipe II-diabetes?

    Februarie 12th, 2015

    Ja. Oefening is ’n allerbelangrike deel van die bestuursplan vir mense met tipe II-diabetes. Behalwe dat dit die werking van insulien verbeter, dra oefening ook by tot gewigsverlies, verbeterde bloedcholesterolvlakke en beheerde bloeddruk, en dit is boonop ’n teëvoeter vir stres. As jy tipe I-diabetes het, is dit egter moeiliker om jou bloedglukose in toom  … Lees meer


    Is brood, vrugte en pasta toelaatbaar?

    Februarie 12th, 2015

    Ja. Vrugte, brood en pasta is gesonde kosse wat koolhidrate, energie, vitamiene, minerale en vesel verskaf. In die geval van koolhidraatbevattende kosse is porsiegrootte belangrik. Die hoeveelheid toelaatbare koolhidrate verskil en moet in oorleg met ’n dieetkundige bepaal word.    


    Mag diabete enige suiker of suikerige kosse eet?

    Februarie 12th, 2015

    Ja. Volgens die Canadian Diabetes Association mag persone met diabetes ’n beperkte hoeveelheid suiker (sukrose) inneem as deel van ’n dieet wat sorgvuldig deur ’n geregistreerde dieetkundige uitgewerk is. Kunsmatige versoeters kan ook deel uitmaak van ’n goed gebalanseerde dieet vir mense met diabetes. Versoeters help om ’n soet smakie aan ’n mens se kos  … Lees meer


    As ’n mens met prediabetes gediagnoseer word, sal jy noodwendig later ook diabetes ontwikkel?

    Februarie 12th, 2015

    Nee. Wanneer jy prediabetes het, is daar wel ’n groter kans dat jy diabetes kan ontwikkel. Jou dokter kan medikasie voorskryf om jou bloedglukosevlakke weer op normale vlakke te stabiliseer. Maar jou leefstylgewoontes kan ook ’n groot verskil maak. Navorsing toon dat deur veranderings aan jou leefstyl aan te bring, jy jou risiko om tipe  … Lees meer


    Word diabetes veroorsaak deur té veel suiker?

    Februarie 12th, 2015

    Nee. Wanneer koolhidraatbevattende voedselsoorte soos brood, pasta, rys, melk en vrugte verteer word, verander dit in ’n soort suiker (bekend as glukose). Bloedglukose (ook bekend as bloedsuiker) se vlakke styg nadat koolhidraatbevattende voedsel geëet is, en die hormoon insulien gebruik dan dié glukose om jou energie te gee.




    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close