Deur Melodie Veldhuizen
Wêreldwye Tabakvrye dag word jaarliks op 31 Mei gevier. Die doel van hierdie dag is om alle rokers aan te moedig om vir die hele dag nie te rook nie. Die fokus van hierdie artikel is om te beklemtoon watter nadelige effek rook op nie-rokers het en hoe om blootstelling daaraan te minimaliseer.
Tweedehandse rook is die rook wat jy onwillekeurig inasem (as passiewe rook) wanneer jy in die teenwoordigheid van of naby aan persone is wat rook. Die bron daarvan is brandende tabak-of nikotienprodukte soos sigarette, sigare of pype wat ongefilter is, asook die rookdampe wat die roker uitasem. Die rook bevat meer as 7 000 chemikalieë, waarvan ʼn groot persentasie giftig is en selfs dodelik kan wees.
Jy word dalk van tyd tot tyd daaraan blootgestel wanneer ʼn roker op straat by jou verbyloop of by ʼn sosiale geleentheid naby jou staan en rook. Dit kan wees dat jou bure rook en jy gereeld die trefkrag van die gifgasse ervaar wanneer hul rook in jou erf of huis inwaai. Of nog erger, jou eggenoot of lewensmaat of ʼn familielid is strawwe rokers en jy leef daagliks daarmee saam. Dalk aanvaar jy maar gelate en ter wille van goeie verhoudinge dat gaste in jou huis of in jou teenwoordigheid rook, of sit saam met hulle in die rookarea van ʼn restaurant wanneer julle saamkuier. Dalk was jy as kind aan rook blootgestel omdat een of albei ouers gerook het en jy kon nie eintlik daarvan ontsnap nie. Al is dit wat jy in die teenwoordigheid van rokers ervaar slegs irritasie oor die stank, ʼn neus wat jeuk, betraande oë of hoofpyn, het tweedehandse rook vele ander skadelike gevolge vir die passiewe roker.
By volwassenes kan blootstelling aan tweedehandse rook een of meer van die volgende toestande tot gevolg hê:
Dis nog meer skadelik/gevaarliker vir kinders, wat by blootstelling die volgende kan ervaar:
Tweedehandse rook kan enige persoon wat voortdurend maar ook van tyd tot tyd tot daaraan blootgestel word, benadeel. Daar is egter sekere groepe vir wie dit ʼn groter risiko is:
Ongelukkig kan die skade wat deur tweedehandse rook aangerig word, nie herstel word nie. Sekere simptome kan moontlik met medikasie behandel word, Die skadelike effekte soos kanker of asma word dikwels eers jare na langdurige blootstelling gediagnoseer.
Ten slotte
Rokers, net soos wat julle op geen manier deur ander mense se gewoontes benadeel wil word nie, net so graag wil nie-rokers nie deur julle rookgewoontes benadeel word nie. Wat is vir jou die belangrikste – jou begeerte om jou longe met rook te vul, of jou naaste se reg op vars lug? Of seëvier jou rookdrang oor jou geliefdes en ander mense se gesondheid? Indien jy graag wil ophou rook, vra jou gesin se samewerking om jou in hierdie besluit te ondersteun en te motiveer. Indien jy steeds die gewoonte wil voortsit, probeer om ten minste ʼn meer bedagsame roker te wees.
Bronne:
Centers for Disease Control and Protection. https://www.cdc.gov/tobacco/data_statistics/fact_sheets/secondhand_smoke/health_effects/index.htm
Cleveland Clinic. https://my.clevelandclinic.org/health/articles/10644-secondhand-smoke-dangers
VCA Animal Hospitals. https://vcahospitals.com/know-your-pet/the-effects-of-second-hand-smoke-on-pets#
Oops! We could not locate your form.