Hulp en ondersteuning is by die volgende organisasies beskikbaar:
Sharp Recovery Centre – Die Sharp-program gaan daaroor om mense elke dag meer bewus van die krag van hulle besluite te maak. Sharp is ʼn plek waar mense by mekaar leer, en mekaar leer hoe om persoonlike verantwoordelikheid vir hul dade en emosies te neem.
Tel.: 0861 233 428 of 011 720 9200
Webwerf: www.sharptreatment.com
Alkoholiste Anoniem (AA) – AA is ʼn groep mans en vroue wat hulle ervarings, sterkpunte en wense met mekaar deel sodat hulle hul gedeelde uitdagings te bowe kan kom en ander kan help om van alkoholafhanklikheid te genees. Die enigste vereiste vir lidmaatskap is die begeerte om om te hou drink.
Tel: 0861 435 722
Webwerf: www.aanonymous.org.za
Narcotics Anonymous (NA) – NA is ʼn groep mans en vroue wat hulle ervarings, sterkpunte en wense met mekaar deel sodat hulle hul gedeelde uitdagings te bowe kan kom en ander kan help om van dwelmafhanklikheid te genees.
Tel.: 083 900 6962
Webwerf: www.na.org.za
Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsstoornisgroep (Sadag) se hulplyn vir dwelmafhanklikheid – berading en bystand vir verslaafdes en hul geliefdes
Tel.: 0800 12 13 14
Webwerf: www.sadag.co.za
SMS: 32312
Die Suid-Afrikaanse Raad teen Alkohol- en Dwelmafhanklikheid (Sanca) – Sanca se hoofdoelwitte is die voorkoming en behandeling van alkohol- en dwelmafhanklikheid.
Tel.: 011 781 6410
Webwerf: www.sancanational.org.za
ToughLove Suid-Afrika – ToughLove het ʼn selfhelp-program en ʼn steungroep wat praktiese oplossings bied vir gesinne wat deur dwelmmisbruik geraak word.
Tel.: 0861 868 445
Webwerf: www.toughlove.org.za
Gamblers Anonymous (GA) – GA is ʼn groep mans en vroue wat hulle ervarings, sterkpunte en wense met mekaar deel sodat hulle hul gedeelde uitdagings te bowe kan kom en ander kan help om van dobbelverslawing te genees.
Tel.: 0861 233 578
Webwerf: www.gamblersanonymous.org
Oops! We could not locate your form.