Foto:



Gemmer is gesond

Vrydag | 10 Julie | 2020

Deur Emsie Martin

Gemmer is beslis nie almal se gunsteling nie maar om gemmer te eet het baie gesondheidsvoordele, veral nou dat almal so gesond moontlik wil wees. Gemmer is van die gesondste speserye op die planeet. Jy hoef nie elke dag aan ʼn stukkie te knibbel nie. Sny ʼn groot stuk van ongeveer 1,5 cm in klein stukkies en meng dit met jou vrugteskommel (smoothie), tee of enige ander dis.

Dis voordelig vir jou liggaam:

Antiinflammatories

Gemmer bevat baie gingerol, ʼn substans met sterk antiinflammatoriese en antioksidanteienskappe. Inflammasie in die liggaam word vinnig beter as gevolg van die antiinflammatoriese en antioksidanteienskappe van gemmer.

Naarheid verdwyn

Is jy dikwels naar in die môre? Net 1,5 g gemmer kan help om verskillende tipes naarheid te voorkom. Dit geld vir seesiekte, chemoterapieverwante naarheid, naarheid na sjirurgie en oggendsiekte. As gemmer daagliks geëet word, sal die naarheid gou weggaan.

Vermindering van spierpyn

Het jy pyn in jou spiere of ledemate? Gemmer kan ʼn goeie uitwerking daarop hê. Die daaglikse inname van gemmer sal die pyn geleidelik verlig.

Osteoartritis

In ʼn beheerde proef onder 247 mense met osteoartritis van die knie het dié wat gemmer gebruik het, minder pyn gehad en minder pynmedikasie nodig gehad.

Bevorder opelyf

Die daaglikse inname van gemmer is baie goed vir opelyf. Dit lyk asof gemmer lediging van die maag versnel, wat voordelig kan wees vir mense met slegte spysvertering en verwante maagongemak.

Menstruele pyn

Het jy konstant pyn daardie tyd van die maand? As jy daagliks gemmer eet, kan dit jou help. Die spesery is soortgelyk aan pynmedikasie, wat kan help om akute abdominale pyn te verlig.

Verminder cholesterol

Daaglikse gemmerinname vir ʼn maand kan help om “slegte” cholesterol in die liggaam te verlaag. Die hoeveelheid trigliseriede in die bloed word deur die stowwe in gemmer verminder.

Gee immuunstelsel ʼn hupstoot

Die antiinflammatoriese eienskappe van gemmer versterk die immuunstelsel. Word jy reeds deur ʼn verkoue of virus gepla? Dan kan gemmer jou help om gouer gesond te word.

Bly gesond en voed jou immuunstelsel tydens Covid-19.

 

Bronne

https://www.tips-and-tricks.co/health/happens-body-eat-ginger/2/

healthline.com

webmd.com/diet/ss/slideshow-health-benefit-ginger

 

 

 

  •  
  •  
  •  
  •  
Besoek webwerf