Deur Wilma Bedford
Elke individu werk volgens ʼn 24-uur- interne klok. Ons gaan slaap, word wakker en gaan elke dag op omtrent dieselfde tye deur pieke van waaksaamheid en laagtes van letargie. Die siklus is universeel maar die tye verskil van persoon tot persoon, wat verklaar hoekom sommige van ons vroegopstaners en andere naguile is. Hierdie 24-uur-siklus staan as ʼn sirkadiese dag bekend, waartydens ons deur 90-minute-blokke van produktiwiteit en verhoogde fokus gaan.
Hierdie blokke ultradiese siklusse maak ons ultradiese ritme uit, ʼn periode wat dwarsdeur ʼn 24-uur-dag herhaal word. (Sirkadiese ritmes het een volledige siklus per dag.) Aan die begin van elke ultradiese siklus is jou brein op sy helderste en skerpste gefokus. Na gelang jou energie minder raak, bereik jy die einde van daardie ultradiese siklus en dit is hoekom jy die minste effektief is al hou jy aan werk. Dit beteken dat jou brein ʼn ruskans nodig het.
Mens moet dus tydens jou piek- produktiewe tye die projekte aanpak wat kreatiewe strategiebepaling, probleemoplossing en besluitneming vereis. Minder komplekse take en meer roetinetake moet vir die ultradiese laagtes gehou word.
Ten einde meer produktief te wees, moet jy weet wat jou ultradiese siklusse is. Dis nie so moeilik as wat jy dink nie.
Bly by deur data te versamel
Teken jou vlakke van fokus, entoesiasme en energie elke dag op dieselfde tyd met rofweg uurlikse intervalle aan. Na enkele dae sal jy ʼn patroon sien verskyn wat jou punte van hoogste en laagste fokus, energie en entoesiasme uitlig. Hou elke dag rekord van enigiets wat dalk jou tellings affekteer. Na ʼn week of twee sal jy konsekwente aanwysers vasstel van wanneer jou ultradiese siklusse beskikbaar is om jou produktiwiteit te versterk.
Onderbrekings en tydbestuur
As jy vasgestel het op watter tyd jy die meeste energie en fokus het, moet hierdie periodes geoptimaliseer word om ononderbroke tye vir werk of skepping te bewerkstellig. In ʼn ideale werksituasie werk jou ultradiese siklus op sy beste in blokke van 90 tot 120 minute, maar invloede van buite kan indring en hierdie vloei versteur. Kollegas, hoofde en personeelkrisisse kan en sal voorkom en dit kan nie verhelp of vermy word nie.
Doen vooraf ʼn bietjie voorbereidingswerk en, indien dit nodig is, kommunikeer met jou baas, kollegas en spanmaats om vas te stel wat hulle skedules is en waar jy moet inpas sodat wanneer jy jou aandag op jou projek toespits, jy ongesteur kan werk en sonder afleidings wat jou sal verplig om te stop wanneer die skeppingsdrang oorneem.
Kreatiewe siklusse
Vir sommige is dit egter nie die onderbrekings van buite wat soveel op kreatiewe tyd inbreuk maak as hul interne ritmes nie. Nie almal se ultradiese ritmes kom presies in die middel van ʼn tipiese werkdag voor nie. Dit kan dalk kreatiewe maniere verg om die beste gebruik van hul ultradiese siklusse te maak.
Sommige mense is naguile wat die beste in die middernagtelike ure werk, terwyl andere fokus en hul beste werk doen aan die einde van die werkdag wanneer ander mense huis toe gaan.
Die slaapdeskundige dr. Michael Breus het vier verskillende tipes sirkadieseritme-persoonlikhede geïdentifiseer:
Die mins produktiewe tyd van die dag
Navorsing het getoon dat die namiddagete-insinking tot die mins produktiewe tyd van die dag lei, naamlik 14:55. Dit is wanneer jy moet opstaan en ʼn blaaskans neem om jou brein en liggaam vir die laaste rondte van die werkdag te herlaai.
Maar, oor die algemeen gesproke, is die goue reël dat die mins ideale tyd om produktief te wees, is wanneer jou werkweek langer as 50 uur was, hoofsaaklik as gevolg van breinuitputting.
Werk slimmer om meer effektief te werk
Jou doelwit is nie om vinniger te werk nie, maar om vas te stel wanneer jy meer effektief sal werk en meer produktief sal wees. Om vas te stel wat jou piekproduktiwiteittye is en daardie tye op die effektiefste manier te gebruik, sal jou toelaat om daardie noodsaaklike pouse te neem sonder om skuldig te voel.
Bronne
Atkinson, B. The most and least productive hours of the day. https://evernote.com/blog
Fallon, N. What’s your most productive work time? How to find out. https://www.businessnews daily.com
Cherry, K. & Peterson, K. How circadian rhythms act as the body’s biological clock.https://www.verywellhealth.com
Circadian rhythm. https://simple.wikipedia.org/wiki/Circadian-rhythm
Foto krediet: JESHOOTS.com | Pexels
Oops! We could not locate your form.