Deur Emsie Martin
Ons kom almal op ʼn punt waar jy dinge begin vergeet, en dan praat ek nie eers van bejaardes nie; dit begin soms al heelwat vroeër. Wanneer jy sleutels op die verkeerde plek bêre, skoonmaakmiddels in die yskas sit, slaai koop vir aandete en vergeet om dit op die tafel te sit, of ʼn gereg gereedmaak vir die oond sodat jy dit later net kan aanskakel, maar dit heeltemal vergeet − is dit normaal of moet jy bekommerd raak?
Maar wat is Alzheimer se siekte of demensie?
Demensie is die oorkoepelende term vir siektes wat die kognitiewe funksies van die brein aantas. Dit kan mens lewe dramaties verander, en nie net vir die persoon wat daaraan ly nie want dit affekteer ook familie en vriende.
Alzheimer se siekte is die algemeenste vorm van demensie onder ouer mense en word gekenmerk deur die toenemende agteruitgang van die breinweefsel, geheueverlies en die vermoë om gewone alledaagse dinge te doen. Aanvanklik is die proses stadig en die siekte word soms gesien as deel van normale veroudering.
Daar is geen behandeling nie. Die behandeling wat gegee word, is om die siekte te vertraag en die simptome te beheer.
Hierdie ongeneeslike siekte is vernoem na die Duitse dokter, Alois Alzheimer, wat dit in 1907 geïdentifiseer het en beïnvloed hoofsaaklik mense ouer as 65, maar is ook al by mense in hul 40’s gediagnoseer.
Uiteindelik sal mense by wie Alzheimer se siekte gediagnoseer word die vermoë verloor om te dink, te redeneer en sekere dinge te doen. Die simptome verskil van persoon tot persoon.
Waarskuwingstekens
Die persoon:
As jy enige van hierdie tekens waarneem, maak so gou moontlik ’n afspraak met jou dokter.
Diagnosering van Alzheimer se siekte
’n MMSE (Minigeestestoestandondersoek; Mini-Mental State Examination) word gebruik om te bepaal of jou geheue nog binne die normale grense is. Vrae sluit onder meer in: Watter dag, maand en jaar is dit? In watter provinsie en stad is jy? Watter seisoen is dit? Spel die woord “herfs” agteruit. Begin by 100 en trek telkens 7 af. Ander toetse sluit in: bloedtoetse, breinskanderings, elektrokardiogramme (’n opname van die hart se elektriese aktiwiteit) en elektro-ensefalogramme (die registrasie van elektriese aktiwiteit in verskillende dele van die brein).
Verskillende stadiums
Gedurende hier tyd, gewoonlik die eerste twee tot vier jaar, kan simptome maklik aanvaar word as deel van die normale verouderingsproses. Vroeë simptome van geheueverlies kan ook insluit die vergeet van name en gebeure of waar goed gebêre is. Daar vind daar ook persoonlikheidsveranderings plaas en die persoon is nie meer in staat om roetinetakies te verrig nie.
Die persoon is nie meer in staat om gewone probleme op te los nie. Klein veranderings in daaglikse roetine en plekke kan verwarring veroorsaak. Dit raak moeilik om tyd en plek akkuraat te beskryf en geliefdes se name word vergeet.
Mense met Alzheimer se siekte raak toenemend baie suspisieus en paranoïes. Dit is moeilik om woede, frustrasie en onvanpaste gedrag te beheer en hulle raak skoorsoekerig en word vinnig kwaad. Hulle is ook lief om goed op te gaar en doen nie maklik daarvan afstand nie. Dit raak moeilik om self te eet, hulself behoorlik aan te trek en hulle verwaarloos hul persoonlike voorkoms.
Die aantasting van verstandelike vermoëns is kenmerkend van die finale stadium van die siekte. Liggaamlike funksies versleg en die pasiënt verloor beheer oor die blaas en ontlasting. Hy kan nie meer deelneem aan gesprekke nie. Hy is nie in staat om na homself om te sien nie en is gewoonlik bedlêend of rolstoelgebonde. In die laat stadium kan die pasiënt soms helder oomblikke ervaar.
Kry hulp
Alzheimers South Africa is ʼn organisasie wat families van mense met Alzheimer se siekte ondersteun nadat die siekte positief deur ’n dokter of neuroloog by ʼn persoon gediagnoseer is. Hulle help die familie om die toekoms te beplan en verskaf inligting oor tehuise, tuissorg, dokters, dagsorg en ondersteuningsgroepe.
Besoek https://alzheimers.org.za/contact-us/ vir verskeie provinsies se kontakbesonderhede.
Word deel van ʼn ondersteuningsgroep waar ander gesinne hulle ervarings deel. Dit is belangrik om eerder gouer as later aan die toekoms te begin dink en ʼn tehuis of plek te vind wat ideaal is. Vir inligting oor ondersteuningsgroepe, stuur ʼn e-pos na managerwc@alzheimers.org.za.
Dit sal nie altyd moontlik wees om na jou geliefde om te sien nie. Dit is nie ʼn las wat alleen gedra kan word nie en die versorger het algaande meer ondersteuning as die pasiënt nodig. Onthou, byna elke plek het ʼn waglys, so maak betyds voorsiening vir die toekoms.
Die Beroepsgilde vir Verpleging is jou vennoot deur al die stadiums van jou loopbaan, hetsy jy studeer, praktiseer, of regmaak vir aftrede. Binne jou professie beleef jy elke dag uitdagings soos pasiënte met Alzheimer se siekte of demensie. Die gilde is ook daar om jou te help ontwikkel en met kennis toe te rus om jou daaglikse take professioneel en eties te kan aanpak. Ons tree ook op namens die professie deur verhoudings te bou met ander instansies wat ʼn invloed op die beroep kan uitoefen. Besoek https://gildes.solidariteit.co.za/verpleegkunde/
Bronne
https://www.mediclinicinfohub.co.za/understanding-alzheimers-stage-stage/
https://alzheimers.org.za/what-is-alzheimers/
https://www.alz.org/alzheimers-dementia/10_signs
https://en.wikipedia.org/wiki/Mini%E2%80%93Mental_State_Examination
Oops! We could not locate your form.