Deur Reon Janse van Rensburg
Die feesseisoen is vir die meeste van ons ʼn tyd van die jaar waarna ons met groot opwinding uitsien. Dit is egter nie die geval vir almal nie en weens verskeie faktore soos mense wat Kerstyd alleen moet deurbring, is dit vir diegene wat reeds met depressie en angs sukkel ʼn bitter moeilike tyd wanneer negatiewe emosies die oorhand kry. Dit kan veroorsaak dat mense oor die afgrond gestoot word.
Dit is nie ongehoord of ongewoon nie, aangesien die meeste mense dié jaar met gemengde gevoelens afsluit. Die meerderheid van ons is voos na die derde vlaag van die Covid-19-pandemie wat ons met groot onsekerheid oor die toekoms gelaat het en wat ook veroorsaak het dat talle werknemers uitgebrand is.
Die goeie nuus is egter dat indien jy simptome van depressie, angs of soortgelyke simptome toon, jy nie alleen is nie, en dat hulp beskikbaar is en maklik bekom kan word.
Die Suid-Afrikaanse Depressie-en Angs Groep (SADAG) het ʼn lys met hulplyne saamgestel wat jy of iemand na aan jou kan skakel wanneer die druk wat met die feesseisoen gepaard gaan, te veel raak.
Hierdie hulplyne bied onmiddellike toegang tot vertroulike, gratis en anonieme ondersteuning en advies. Druk dus die telefoonnommers uit en hou dit iewers, of stoor dit op jou foon vir maklike toegang.
Onthou, niemand hoef in stilte swaar te kry nie – hulp is byderhand! Die stigma rondom geestesgesondheid moenie enige iemand verhoed om hulp te kry nie; inteendeel, dit is die beste besluit wat jy kan neem om weer ʼn goeie, gesonde geestestoestand te kan geniet.
Maak gerus gebruik van die volgende hulplyne of stuur dit aan ʼn persoon wat moontlik hulp benodig:
SADAG: Geestesgesondheid-hulplyn
011 234 4837
SADAG: Selfmoordkrisislyn
0800 567 567
SMS-nommer: 31393
Destiny-hulplyn vir die jeug en studente:
0800 41 42 43
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se 24-uur-hulplyn vir dwelmmisbruik:
0800 12 13 14
SMS-nommer: 32312
Adcock Ingram se depressie-en angs-hulplyn
0800 70 80 90
Pharmadynamics Polisie- en trauma-hulplyn
0800 20 50 26
Akeso psigiatriese hospitale se 24-uur-noodreaksie-eenheid
0861 435 787
ADHD-hulplyn
0800 55 44 33
Moenie moed verloor nie. Daar ís hoop. Gryp dit aan!
Bron:
Mental-health-where-to-find-support-this-festive-season – https://www.sadag.org/index.php?option=com_content&view=article&id=3009:mental-health-where-to-find-support-this-festive-season&catid=62&Itemid=132
Oops! We could not locate your form.