’n Emosionele welstandprogram
Nóú, meer as ooit tevore, is dit belangrik om op die belangrikheid van emosionele gesondheid te fokus.
Vista Clinic het goed nagevorste faktore gevat en die “Happiness HELPS”-akroniem ontwikkel as ’n praktiese hulpmiddel om emosionele welstand te kan verbeter.
Dr Jerrie Bezuidenhout (psigiater) verduidelik die vyf eenvoudige faktore wat gebruik kan word om jou emosionele welstand te bevorder.
Deur ander te help voel ons goed oor onsself en ons vermoë om te kan gee ten spyte van ons eie sukkel. Deur bv. vir iemand te glimlag, laat jy hulle glimlag en kleur jy hulle dag in met iets klein, tog waardevol.
Oefening gee ons energie, laat ons kop afskakel en help ons om in die oomblik te wees. Ons brein en liggaam skei meer groei hormone af wat ons liggaam help om te herstel nadat ons bv. spanning ervaar het.
“Selfs net ’n paar minute se oefening tuis dra by tot emosionele gesondheid.”
Ons fokus op die hier en die nou wanneer ons leer en ons gedagtes is gefokus. Die brein verander fisies wanneer ons leer en ons kry ’n gevoel van tevredenheid wanneer ons klaarmaak, wat ook bydra tot gesondheid.
Speel help ons om verbind aan ander mense te voel, veral wanneer ons lag gedurende die speletjie. Daar is ook geen spesifieke doel aan speel nie, buiten die proses daarvan en dat dit pret en plesier aan die mense verskaf wat die aktiwiteit doen. Party mense hou van kompeterende spel en ander van nie-kompeterende spel.
Mense is deels ’n geestelike wese en ons groei in ons gesondheid wanneer dié gedeelte van ons lewe “kos” kry. Ons geloofsoortuigings gee ons ’n doel in ons lewe en dra by om verbind aan ’n hoër mag te voel wat deur mense, die natuur of God uitgebeeld kan word. Geestelike rituele en gewoontes skep ook baie vrede vir ons deur ons te help om sin te maak van traumas en onsekerheid.
Vir meer inligting oor die “Happiness HELPS”-program besoek www.happinesshelps.co.za
Foto krediet: Ava Motive | Pexels
Oops! We could not locate your form.