Hoe verder jou swangerskap gevorder het, hoe versigtiger moet jy wees as jy bestuur. Beplan byvoorbeeld ekstra ruskamerbesoeke of kry ʼn metgesel om saam met jou te reis om die druk van bestuur in verkeer te verlig.
Elke voornemende ma moet die volgende wenke ken as sy bestuur:
Maak altyd jou sitplekgordel behoorlik vas en sit dit op die regte manier aan.
Maak seker dat jou stuurwiel opwaarts na jou borsbeen gekantel is en nie na jou maag nie.
Moenie vorentoe leun in die kar nie ─ sit altyd met jou rug teen die sitplek met die minimun speling in die sitplekgordel.
Hou drinkwater in jou kar en maak seker dat jy goed gehidreer bly terwyl jy bestuur.
As jy rugpyn kry terwyl jy bestuur, gebruik ʼn kussing om jou kruis te steun.
Hou natuurlike energiegewende versnaperinge in jou kar, soos vrugte en neute om jou energievlakke hoog te hou terwyl jy bestuur.