Het jy geweet dat servikale kanker die tweede grootste oorsaak van sterftes onder vroue in Suid-Afrika is naas borskanker? Nogtans kan dit ʼn voorkombare siekte wees indien dit vroegtydig opgespoor word. Kennis en tydsberekening is uiters belangrik en derhalwe het ons ʼn paar sleutelfeite en -syfers versamel vir jou om meer te verstaan oor hierdie toestand wat een uit elke 41 vroue in Suid-Afrika affekteer.
Wat is servikale kanker?
Servikale kanker is ʼn stadig-groeiende kanker wat selle in die laer gedeelte van die uterus (serviks) affekteer. Terwyl dit wêreldwyd ʼn algemene kanker vir vroue is, is dit in die VSA, waar servikale toetsing roetine is, feitlik heeltemal uitgewis of ten minste nie op die kritieke lys nie. In 2012 is 5743 nuwe gevalle van servikale kanker en 3017 sterftes per jaar in Suid-Afrika aangemeld voortspruitend uit hierdie siekte.
Hoe ontwikkel die kanker?
Die meeste servikale kankers kan veroorsaak word deur die menslike papilloma virus (HPV), maar nie alle HPV veroorsaak servikale kanker nie, aangesien daar baie soorte van hierdie virusse bestaan. HPV word oorgedra deur direkte velkontak, dikwels deur geslagsomgang. Dit is baie maklik om HPV op te doen deur seksuele kontak met iemand wat dit het, en in die meeste gevalle lei hierdie virusse na genitale vratjies of soortgelyk, en nie kanker nie. In der waarheid word gesê dat die meeste vroue op die een of ander tyd met ʼn HPV geïnfekteer is. Die probleem is dat jy nooit weet watter soort HPV jy mag hê nie, en dit kan dikwels dormant wees vir maande en selfs jare, daarom is dit so krities om gereelde Pap-smere te laat doen.
Watter ouderdomsgroep word die meeste geaffekteer?
Volgens KANSA is meer as die helfte van vroue wat met servikale kanker gediagnoseer word tussen 35 en 55 jaar oud. Dit kom selde voor in vroue onder 20 en slegs 20% van vroue met servikale kanker is ouer as 65 jaar.
Hoe voorkom en spoor ek servikale kanker op?
Die voorkoming van servikale kanker is maklik aangesien dit selfs in ʼn vroeë stadium met ʼn Pap-smeer opgespoor kan word. ʼn Pap-smeer sal veranderings in jou servikale selle optel en hulle kan behandel word voordat hulle ʼn kans het om kankeragtig te word. Ander voorkomende metodes sluit in:
Wat is al die praatjies van ʼn entstof?
HPV-entstowwe is tans beskikbaar op die mark wat “hoë vlakke van beskerming bied teen volgehoue infeksie met HPV 16 en 18”, volgens die South African Journal of Obstetrics and Gynaecology. Dit word egter aanbeveel vir meisies wat nog nie seksueel aktief is nie en wat dus nog nie aan die virus blootgestel is nie. Suid-Afrika het onlangs die eerste Afrika-land geword wat die entstof beskikbaar stel aan meisies in graad vier (10 jaar oud) in staatskole.
Wat is die simptome van servikale kanker?
Die abnormale servikale sel-veranderings toon selde simptome. Sommige simptome wat wel mag voorkom, sluit in:
Wat is die stadiums van en behandelings vir servikale kanker?
Daar is verskillende stadiums van servikale kanker en jou uitkoms sal afhang van op watter stadium dit opgespoor word. Behandeling sluit in chirurgie, chemoterapie en bestraling of ʼn kombinasie van al drie.
Source: Netcare
Oops! We could not locate your form.