Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsstoornisgroep (Sadag) bied telefoniese berading, bystand en verwysingsdienste aan depressielyers en hul naasbestaandes. Sadag se dienste is op weeksdae tussen 08:00 en 20:00 beskikbaar.
Webwerf: www.sadag.co.za
Tolvry: 0800 567 567
Tel.: 011 262 6396
SMS: 31393
Bondgenootskap vir Skisofrenie en Bipolêre Steuring (Sabda) (Schizophrenia and Bipolar Disorder Alliance) is ʼn steungroep vir versorgers en kliënte wat deur skisofrenie en bipolêre steuring geraak word.
Webwerf: www.supportsabda.co.za
Tel.: 011 463 9901
Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestesgesondheid is ʼn nasionale niewinsgewende regeringsorganisasie wat ten doel het om dienste vir persone wat geraak word deur intellektuele gestremdheid of geestesongesteldheid te koördineer, monitor en bevorder asook om geestelike gesondheid en welstand te bevorder.
Webwerf: www.safmh.org.za
Tel.: 011 781 1852
Viva-jeugkollege (Viva Youth College) is ʼn opheffings-/lewensverrykingsentrum vir tieners/jong volwassenes wat met neurobiochemiese afwykings, insluitende skisofrenie, gediagnoseer is.
Webwerf: www.vivacollege.co.za
Tel.: 011 464 3596
Selfmoordkrisislyn (Suicide Crisis Line)
Tolvry: 0800 567 567
SMS: 31393
Oops! We could not locate your form.