Steungroepe is plekke waar mense in ʼn veilige omgewing kan bymekaarkom om oor hulle gevoelens en vrese te praat en ondersteuning, raad en leiding te kry by ander mense wat weet hoe dit voel om aan dwelmmiddels verslaaf te wees of wat omgee vir iemand wat daaraan verslaaf is. Om aan enige siekte te ly, kan ʼn mens isoleer en baie alleen laat voel. Steungroepe help jou deur die pyn en bied ʼn plek waar jy met mense kan praat wat jou en jou situasie regtig verstaan.
Wes-Kaapse Terapeutiese Gemeenskapsentrum (Western Cape Therapeutic Community Centre) – die rehabilitasie van dwelmverslaafdes
Tel.: 021 853 3579
Webwerf: www.wctcc.co.za
Sharp Recovery Centre – Die Sharp-program gaan daaroor om mense elke dag meer bewus van die krag van hulle besluite te maak. Sharp is ʼn plek waar mense by mekaar leer, en mekaar leer hoe om persoonlike verantwoordelikheid vir hul dade en emosies te neem.
Tel.: 0861 233 428 of 011 720 9200
Webwerf: www.sharptreatment.com
Narcotics Anonymous (NA) – NA is ʼn groep mans en vroue wat hulle ervarings, sterkpunte en wense met mekaar deel sodat hulle hul gedeelde uitdagings te bowe kan kom en ander kan help om van dwelmafhanklikheid te genees.
Tel.: 083 900 6962
Webwerf: www.na.org.za
Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsstoornisgroep (Sadag) se hulplyn vir dwelmafhanklikheid – 24-huur-berading en bystand vir verslaafdes en hul geliefdes
Tel.: 0800 12 13 14
Webwerf: www.sadag.co.za
SMS: 32312
Die Suid-Afrikaanse Raad teen Alkohol- en Dwelmafhanklikheid (Sanca) – Sanca se hoofdoelwitte is die voorkoming en behandeling van alkohol- en dwelmafhanklikheid.
Tel.: 011 781 6410
Webwerf: www.sancanational.org.za
ToughLove Suid-Afrika – ToughLove het ʼn selfhelp-program en ʼn steungroep wat praktiese oplossings bied vir gesinne wat deur dwelmmisbruik geraak word.
Tel.: 0861 868 445
Webwerf: www.toughlove.org.za
Oops! We could not locate your form.